
Die foto is geneem in Rusland se Land of the Leopard- nasionale park.
Gorshkov wen die gesogte titel van Natuurfotograaf van die Jaar*. Meer as 49 000 mense het vir dié jaar se kompetisie ingeskryf!
Dr. Tim Littlewood, beoordelaar en uitvoerende direkteur van die Natural History Museum, sê: “Amur-tiere is gejag tot hulle byna uitgewis is die afgelope eeu, en word steeds bedreig deur stropers en en die houtbedryf. Dié merkwaardige blik van ’n tier verdiep in haar natuurlike omgewing gee hoop – onlangse verslae dui aan dié tiere se getalle groei vanweë natuurbewaring.”
Liina Heikkinen van Finland is die Jong Natuurfotograaf van die Jaar vir dié kiekie van ’n jong jakkals wat ’n gans eet – die jakkals het sy sibbe probeer weghou van die vangs!
Die 100 topfoto’s van dié jaar se kompetise word tans uitgestal by die Natural History Museum in Londen. 'n Internasionale toer na onder meer Australië, Kanada en Duitsland sal mettertyd volg.
Kyk hier na nog van die jaar se wenfoto’s – van onderwaterfoto’s tot insiggewende fotojoernalistiek.
*Die kompetisie Natuurfotograaf van die Jaar word bestuur deur die Natural History Museum, Londen.