Marius en sy vrou, Denise, van die Noord-Kaap, was middel Januarie vir ’n paar dae in die Kgalagadi nadat hulle op sosiale media gesien het hoe baie dit in die park gereën het. Plasings van ander reisigers se video’s en foto’s het hulle hulle aangepor om hulle waentjie te haak, die kamera te gryp en self te gaan kyk. Die Kgalagadi het nie teleurgestel nie, skryf Marius.

"Ons het die eerste aand by Twee-Rivieren in die Kgalagadi-oorgrenspark geslaap. Die volgende oggend moes ons in gietende reën en modder kamp opslaan, want die Nossob-ruskamp was ons oorslaapplek vir die volgende paar dae." 

“Ek het nooit gedink die Kgalagadi kan so groen en nat wees nie; dit was ’n fees!”


Volgende week wys ons julle hoe hulle reis verder noord van Nossob af gevorder het – steeds in die reën!