Weg se Martinette Louw het dié video van die Oranjerivier in vloed op Vrydag 15 Januarie geneem tydens 'n besoek aan die Augrabies-waterval- nasionale park.


Teken in op ons YouTube-kanaal om ons nuutste video's eerste te sien. Video: Martinette Louw

En in Namibië het dit lanklaas gereën soos onlangs – dís hoe die Gaubrivier (’n sytak van die Kuiseb) Vrydag geloop het. Foto's en video deur Hein Scholtz:

Só lyk Sossusvlei vol water! Ná die afgelope maand se goeie reën loop die Tsauchabrivier tot in die Namibwoestyn waar dit opdam in die Sossusvlei. In die tweede foto kan ’n mens sien hoe die rivier deur die Sesriemcanyon vloei. Hierdie dramatiese foto's is op 15 Januarie geneem deur Krissi Schreiber van die Tsondab Valley Scenic Reserve.

Hier’s nóg foto’s van Sesriem-Sossus se waters wat lesers met ons gedeel het:

… En só lyk die damme

Suid-Afrika

Van volloop kom oorloop - dis sulke tyd vir die Gariepdam! Foto: Willem van der Berg.

Die Krugersdriftdam in die Modderrivier naby Bloemfontein. Foto: Werner Pretorius