Die Weg-joernalis Martinette Louw het hierdie video's en foto's gister geneem toe die Augrabies-waterval teen sowat 2 000 m3/sek. gevloei het. Daar is glo nog water op pad en die waterval behoort vir die res van die week mooi te lyk.
Dagbesoekers hoef nie te bespreek nie, maar die park is druk besig. Gaan dus vroeg om ’n gewag te vermy. Die hekke maak om 7 vm. oop.
Die staproetes en wildkykgebied is tans gesluit weens oorstromings en die dagbesoekers se swembad en piekniekplek is gesluit weens Covid-19 -regulasies.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET