Marius en Denise Niemann het twee aande in die Nossob-ruskamp gebly, maar anders as hulle eerste paar dae in Twee-Rivieren toe hulle heelwat wild en roofdiere gesien het, was daar nie veel grootwild en opwindende vangste by Nossob nie…. maar hulle optimisme is op die einde beloon met die Kgalagadi wat hulle weer eens nie teleur stel nie.