Deel

Kyk: Hier’s vanjaar se top-onderwaterfoto’s!

akkreditasie
Meer as 5 000 mense van 65 lande het vir vanjaar se Onderwaterfotograaf van die Jaar-kompetisie ingeskryf.

Dié jaarlikse kompetisie vier kiekies wat onder die oppervlak van die see, mere en selfs swembaddens geneem is. Die 2019-wenners is onlangs bekendgemaak!

Britse fotograaf Richard Barnden is as algehele wenner gekroon vir sy foto wat die oomblik vasvang hoe ’n groep rifhaaie ’n bastergaljoen verorber.

UPY
©Richard Barnden/UPY 2019. ‘The Gauntlet’. Wenner: Onderwaterfotograaf van die Jaar; Wenner: Gedrag

Dr. Alexander Mustard, die hoofbeoordelaar, sê: “Fotografie gaan daaroor om oomblikke vas te vang. En wat ’n onvergeetlike oomblik is dié nie! Die fotograaf gebruik ’n wyehoeklens om ’n mens tot ín die drama van die jagtog te vat, met die haaie wat soos ’n golf op hulle prooi toesak en waarlik die oseaan se wilde kant wys."

Die Spaanse fotograaf Eduardo Acevedo wen die kategorie vir mariene bewaring vir sy ontnugterende kiekie van ’n karetskilpad wat in ’n visnet vasgevang is:

upy
©Eduardo Acevedo/UPY 2019. Wenner: Mariene bewaring
“Dié seeskilpaaie deurkruis die Atlantiese Oseaan om by die Kanariese Eilande uit te kom, en moet plastiek, toue en visnette probeer vermy. Die skilpad was gelukkig, ons kon hom bevry en die net verwyder," sê Acevedo.

Kyk hier na die wenners uit al die kategorieë:

UPY
©Taeyup Kim/UPY 2019. Wenner: Opkomende onderwaterfotograaf van die jaar 2019
UPY
©Nicholas Samaras/UPY 2019. Wenner: Portrette
upy
©François Baelen/UPY 2019. Wenner: Wyehoeklensfotografie
UPY
©Henley Spiers/UPY 2019. Wenner: Swart-wit.
UPY
©Enrico Somogyi/UPY 2019. Wenner: Kompakte kamera-fotografie
UPY
© Arthur Kingdon /UPY 2019. Wenner: Makrofotografie; Britse waters
UPY
©Fabio Iardino /UPY 2019. Wenner: Makrofotografie
UPY
©Martin Edser/UPY 2019. Wenner: Kompakte kamera-fotografie; Britse waters
UPY
©René B. Andersen/UPY 2019. Wenner: Wrakke.

Hier’s nóg van die naaswenners en puik foto’s van dié jaar se kompetisie!

©Ipah Uid/UPY 2019. Vermelding: Kompakte kamera-fotografie

UPY
©Bruce Sudweeks /UPY 2019. Naaswenner: Portrette
UPY
©Greg Lecoeur/UPY 2019. Eervolle vermelding: Kompakte kamera-fotografie; Britse waters
upy
©Jessica Farrer/UPY 2019. Naaswenner: Wyehoeklensfotografie
©Scott Portelli /UPY 2019. Naaswenner: Gedrag
UPY
©Fu Liang/UPY 2019. Vermelding: Portrette
UPY
©Geo Cloete /UPY 2019. Vermelding: Wyehoeklensfotografie
UPY
©Filippo Borghi/UPY 2019. Vermelding: Portrette
UPY
©Ken Kiefer/UPY 2019. Naaswenner: Swart-wit
UPY
©Malcolm Nimmo/UPY 2019. Eervolle vermelding: Mees belowende Britse onderwaterfotograaf 2019