Deel

VIDEO: ’n Kafeetoonbank wat reën voorspel?

akkreditasie
Sal dit nie lekker wees as mens kan uitvind presiés wanneer dit gaan reën nie… sommer terwyl jy jou inkopies doen? In die Vrystaatse dorpie, Marquard, glo mense die Ster-kafee se winkeltoonbank kan reën voorspel.

Die eienaar, Greg Yiangou, sê:

“Die toonbank waarop die kasregisters staan, is ook ’n koelkas en ek het gevoel dat hy af en toe nat word aan die bokant. Toe besef ek: Iets gebeur hierso. Ons het begin oplet en gesien elke keer wanneer die toonbank nat is, reën dit.

“Dit reën nie altyd op die dorp nie, maar iéwers in die omgewing reën dit. Toe die boere die storie hoor, het hulle begin bel om te hoor wat sê die toonbank. Deesdae bel daar amper elke dag iemand om te hoor of die toonbank nat is. Want die toonbank lieg nie. En vanoggend is hy weer lekker nat; ons gaan dus reën kry.”

Lees Willem van der Berg se volledige storie oor die dorp Marquard hier.