Deel

KYK: Olifante kruis vloeiende Ugabrivier, Namibië

akkreditasie
Foto: Eva Baauw
Foto: Eva Baauw
Hier’s iets wat ’n mens nie aldag sien nie – ’n trop woestynolifante wat ’n dreunende Ugabrivier kruis!

Die organisasie Elephant Human Relations Aid (EHRA) het dié video op 27 Februarie naby sy basiskamp geneem. Dit volg ná onlangse swaar reën in die suidelike Kunene-gebied in Namibië. 

Video: Elephant Human Relations Aid; Eva Baauw

“Dis werklik ’n merkwaardige ding om te sien – die Ugabrivier het in die afgelope drie jaar geen vloeiende water soos dié gehad nie. Die feit dat die olifante kniediep deur water stap, is ’n wonderwerk,” sê Sabine Kuhn van EHRA. 

“Die olifanttrop is die Mama Afrika-trop, gelei deur die matriarg Mathilda. Sy is ongeveer 50 jaar oud. Dit is ons grootste olifanttrop in Ugab, met 12 olifante in totaal. Dit was die eerste trop wat teruggekeer het na die Ugab-rivierstreek omtrent 20 jaar gelede nadat daar jare lank geen olifante hier was nie.”

Foto: Eva Baauw
Foto: Eva Baauw
Foto: Eva Baauw
Foto: Eva Baauw
Foto: Eva Baauw
Foto: Eva Baauw
Foto: Eva Baauw
Foto: Eva Baauw
Foto: Eva Baauw
Foto: Eva Baauw
Foto: Eva Baauw

Die woestynolifante in die suidelike Kunene-gebied beweeg vryelik rond en bly meestal in rivierbeddings. Namibië is een van slegs twee plekke in die wêreld (die ander is Mali) waar woestynolifante vryelik rondbeweeg, voeg Kuhn by. 

EHRA het oorspronklik die video op sy Facebook-blad gedeel. Dié organisasie beoog om praktiese oplossings te vind om konflik tussen olifante en mense in Namibië te voorkom, en sodoende die toekoms van die woestynolifante te verseker.

Foto: Eva Baauw
Foto: Eva Baauw