Dit wys jou hoe om asemrowende foto’s van die sterrehemel te neem. Daar’s nege lesse wat alles dek, van die nodige toerusting en tegnieke tot hoe om velddiepte, fokus en komposisie baas te raak.

Stel jy belang? Klik hier vir ’n oorsig oor die kursus en om in te skryf.

HOE WERK DIT?

Sodra jy inskryf en betaal, kry jy ’n profiel en kan jy begin klas loop. Alles gebeur aanlyn; jy kan teen jou eie pas en net waar jy wil deur die lesse werk – selfs voor die kaggel met ’n beker sop langs jou!

HOEVEEL KOS DIT?

R300

Dié eenmalige bedrag gee jou lewenslank toegang tot die kursusmateriaal. Jy kan met ’n kredietkaart betaal of ’n elektroniese oorbetaling maak.

EK WIL STERRE AFNEEM, MAAR KEN NOG NIE MY KAMERA NIE

Neem Beter Foto’s se oorspronklike intreevlakkursus is steeds aanlyn beskikbaar. Teen ’n eenmalige fooi van R950 kry jy toegang tot lesse. Klik hier vir ’n oorsig oor die intreevlakkursus en om in te skryf.

Moenie op jou laat wag nie – jy sal jou sterre dank!