Die leser Danie Venter vertel: Ons het op die ongelooflike toneel afgekom by die Veertiende Boorgat-watergat naby die Mata-Mata-ruskamp in die Kgalagadi-oorgrenspark. 

Ons het eers net ’n leeu en kameelperd gesien. Skielik het ’n tweede leeu ook daar aangekom. Hulle het saam die kameelperd aangeval. Dit het drie tot vier pogings geverg voor hulle die kameelperd kon plattrek. Die kameelperd se voorste poot was beseer. Die leeus het vyf dae by karkas gebly.