Dewald Carstens van Table View, Kaapstad, skryf Na aanleiding van Mic van Zyl se rubriek “Die moeilikheid met elektriese voertuie” in die vorige uitgawe lug ek graag ook my mening.
Ek volg die ontwikkeling van elektriese voertuie die afgelope tien jaar met groot erns, en ek was al agter die stuur van die Jaguar I Pace, BMW i3 en Volkswagen e-Golf vir toetsritte.
Elektriese voertuie gee dalk nie dieselfde rygevoel as een met ’n binnebrandenjin nie, maar al die verstommende krag en versnelling vergoed daarvoor.