Mike van Dyk van Springs skryf Ons het in Desember 2021 die Kgalagadi-oorgrenspark besoek en op pad daarheen by die Uurpan Safari Lodge net buite Schweizer-Reneke oornag – dis ’n mooi plek met uitstekende diens en heerlike kos.
Dit was warm en in die middag het ’n heerlike reënbui geval. Ná die bui het my vrou, Nelie, my na buite geroep: Die wolke het soos groot wit katoenpluise gelyk en die sonsondergang het die lug oranje gekleur.
Ons foto’s kon nie die skouspel werklik vasvang nie, maar dis iets wat ons vir altyd sal onthou.