book-icon Uitgawe Augustus-September 2021

Leserbrief: Stil tye anderkant die grens

akkreditasie

Roelof Loots van Kaapstad skryf Ek en my vrou, Alta, was bevoorreg om saam met ons jare lange vriende Dave en Lorna Rees die woonwaens te haak en vier weke lank anderkant die grens te gaan toer.

Ons het Dave-hulle in Johannesburg ontmoet, van waar ons by Botswana in is om ’n groot sirkelroete antikloksgewys te ry totdat ons uiteindelik weer in die suide van Namibië uitkom.

Ons het ons Sherpa Tiny Rough Roader met ons Toyota Fortuner gesleep, en Dave het ’n Jurgens Exclusive met sy Prado gesleep. Die meeste paaie was taamlik stil, en by die meeste kampplekke kon ons kies waar ons wil opslaan.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan