Jacqueline Jacobs van Centurion skryf ’n Mens ry nie verby die Transportdam in die Krugerwildtuin nie – dis ’n goue reël.
Ons het amper hierdie luiperd tydens ons besoek in Maart 2021 misgeloop omdat daar die vorige dag nie veel by die dam gebeur het nie.
Net toe ons wou verby ry, het ’n ander voertuig sy ligte geflits om ons nader te roep: Daar was ’n luiperd met ’n rooibok in een van die klein bome.