CHRISTA KOEKEMOER, Hartbeespoort: Daar is net een volwasse jagluiperdwyfie in die Pilanesberg- nasionale park. Haar naam is Rain. In 2016 het sy ’n werpsel van vier gehad waarvan drie mannetjies oorleef het. Hulle is maar skugter en dus sien ’n mens hulle nie gereeld nie.
Ek was gelukkig om dié drie broers by die Mankwe-dam te gewaar. Een van hulle wou kennis maak met dié renoster. Die jagluiperd het besef hy staan nie ’n kans teen die renoster nie. Nadat die twee mekaar ’n rukkie uitgekyk het, het die jagluiperd omgedraai en weer by sy broers aangesluit.
Dit was nietemin ’n spesiale oomblik om die interaksie tussen twee bedreigde spesies te sien.