Mungo

Mungo
Mungo

Dié kleurryke handdoeke word in Plet van 100% organiese katoen geweef. Skaf een aan vir jou Desembervakansie.

Vanaf R270 by mungo.co.za

Back2Nature

Back2Nature
Back2Nature

Dié velsorgprodukte word van natuurlike bestanddele gemaak en verpak in glasbottels. Die SPF 20-sonroom (R390 vir 150 ml) skei geen gifstowwe af nie. En as jy twee glasbotteltjies terugbesorg, kry jy R15 af op jou volgende bestelling.

sa-back2nature.com

Freya Hats

Freya Hats
Freya Hats

Elkeen van dié sonhoede is uniek en gemaak van lap wat andersins weggegooi sou word.

Vanaf R50 per hoed.

freyahats.co.za

Simply Bamboo

Simply Bamboo
Simply Bamboo

Wanneer dié netjiese bamboestandeborsels vodde is, gebruik jy dit vir fynhoutjies vir die kampvuur.

R50 een by simplybamboo.co.za

Faithful to Nature

Faithful to Nature
Faithful to Nature

Eko-vuuraanstekers (R30), katoenslaapsakke vir die kleinspan (R1 150), songedrewe kampliggies (R155)... Op dié webwerf kan jy allerlei omgewingsvriendelike produkte aanskaf, ook plaaslike organiese wyne (R70-R275).

faithful-to-nature.co.za

Buzzy Wraps

Buzzy Wraps
Buzzy Wraps

Kies dié herbruikbare byewasmateriaal eerder as kleefplastiek vir padkos. Vanaf R45 vir een.

buzzywraps.co.za