Allesverloren (die oudste wynplaas in die Swartland-wyndistrik) se eienaar en keldermeester, Danie Malan en die blogger Fritz Brand van Real Men can Cook het kragte saamgesnoer om ’n reeks interessante en vermaaklike kosmaakvideo’s te maak.
Die video’s wil wys dat “regte mans” inderdaad wel goed kan kosmaak. Die interaktiewe kosmaaksessies verken die oorsprong van Allesverloren se vlagskip-wyne, en bied wenke en leiding vir ’n paar waterdandgeregte wat perfek by die landgoed se wyne pas – van voorgeregte al die pad tot by nageregte.
In dié episode maak Fritz crème brûlée en gesels Danie oor rooimuskadel, ’n elegante soetwyn met uitstekende balans en heerlike varsheid, asook die Fine Old Vintage, of port, bekend as die juweel van die Swartland.
Volg die kosmaakreis by News - Allesverloren of neem deel aan die gesprek op Facebook.