Deel

Mark Keeling wen Fortuner Challenge 2020

akkreditasie
Fortuner Challenge 2020
Fortuner Challenge 2020
Geborg: Die Kapenaar Mark Keeling (21) het as die wenner van die aksiebelaaide Fortuner Challenge 2020 uit die stryd getree ná ’n strawwe kompetisie wat in Gauteng se versengende hitte gehou is.

Dié beroepsroeier, wat deur Media24 vir die jaarlikse kompetisie ingeskryf is, het saam met die legendariese hindernisrenatleet Hanneke Dannhauser deelgeneem en ondanks strawwe mededinging genoeg punte verdien om ’n nuwe Toyota Fortuner te wen.

Dis die vyfde keer wat die Fortuner Challenge aangebied is en die eerste keer wat dit in Gauteng gehou is eerder as die Tuinroete. Die uitdaging was dié keer in een dag voltooi, maar het dieselfde formaat behou en was oudergewoonte ’n strawwe toets vir die deelnemers en hulle helde-spanmaats.

Soos voorheen het vier helde – almal op die een of ander manier betrokke by Toyota – saam met vier deelnemers, wat deur een van Toyota se mediavennote vir die kompetisie ingeskryf het, saamgespan. Vanjaar se helde was die TOYOTA GAZOO Racing SA-jaer Giniel de Villiers, die Toyota Cheetah-rugbyspeler Junior Pokomela, die fiksheids- en hindernisrenatleet Hanneke Dannhauser, en die fiksheidskoningin Mapule Ndhlovu. Die Toyota Cheetah-speler Clayton Blommetjies was die reserweheld.

Fortuner Challenge 2020
Fortuner Challenge 2020

Die vier deelnemers was Carla Erasmus van Johannesburg, Harold Durnez van Kaapstad, Andries Kruger van Pretoria en Mark Keeling van Vishoek in die Kaapse Skiereiland.

Die helde en deelnemers is vir die uitdaging in spanne van twee gedeel, wat vyf uitdagende take vir die dag aangepak het. Dit sluit in om ’n Toyota Fortuner oor ’n veld te trek; ’n uitdagende 4x4-roete; en ’n stedelike hindernisbaan in die ruïnes van die ou Syringa Spa by Avianto, naby Muldersdrift in Gauteng, aan te durf. 

Fortuner Challenge 2020
Fortuner Challenge 2020
Fortuner Challenge 2020
Fortuner Challenge 2020
Fortuner Challenge 2020
Fortuner Challenge 2020
Fortuner Challenge 2020
Fortuner Challenge 2020
Fortuner Challenge 2020
Fortuner Challenge 2020

Twee van Toyota se vennote, Garmin en Specialized, het ook uitdagings geborg, en die deelnemers moes die Garmin- “Thread the Needle”-item aanpak waar presisie en kommunikasie die sleutel was.

Vir die taak van Specialized is die deelnemers tot die uiterste gedruk, veral weens die hitte wat op die dag in Gauteng ervaar is.

Hoewel Keeling, die wenner, veral bekend is vir sy vaardigheid as roeier, het hy in moeilike omstandighede volhard om die oorwinning te behaal – en in die proses die sleutels van ’n Toyota Fortuner in die sak gesteek.

Fortuner Challenge 2020
Fortuner Challenge 2020