Deel

Media24 se verteenwoordigers wen die Fortuner Challenge

akkreditasie
GEBORG: Geluk, Anneri Kemp! Dié Boeing-vlieënier en haar hero-spanmaat Giniel de Villiers was die wenners van die 2021 Toyota Fortuner Challenge.

Ná maande van afwagting was ’n ongewoon koue oggend in Gauteng die speelveld vir die 2021 Toyota Fortuner Challenge.

In dié alomvattende veldtog (nou in sy 6de jaar) span vier Toyota-“helde” met vier deelnemers uit die geledere van die vier mediavennote saam: Arena Media, die Independent Group, Media24 en SuperSport.

Hulle moet dan deelneem aan verskeie uitdagings om hul fisieke en geestelike staal te toets en verdien punte volgens die posisie waarin die spanne eindig. Toerusting, toebehore en klere is deur die borge verskaf: Garmin, Salomon, Specialized en Quartz Lubricants.

Vanjaar se sporthelde was die Toyota Gazoo Racing SA-renjaer Giniel de Villiers, Cheetahs-rugbyspeler Oupa Mohoje, oud-Mej. Namibië en fiksheidsafrigter Steffi van Wyk-Brink en die Crossfit-atleet en -instrukteur Zaakirah Khalek.

Die deelnemers was die kommersiële vlieënier Anneri Kemp, apteker Shaheen January, praktisyn in funksionele medisyne Justin Maguire en OCR-atleet Greg Averienos.

Die verrigtinge het by die Kloofzicht Lodge & Spa afgeskop met ’n trekking om die vier spanne te bepaal.

Giniel en Anneri was die eerste span wat getrek is, gevolg deur Shaheen en Steffi, Greg en Zaakirah en Justin en Oupa.

Ná ’n gedetailleerde inligtingsessie het elk van die spanne ses uitdagings ontvang.

Die eerste taak, die Specialized MTB Dash, het vereis dat die vier deelnemers hul Specialized-bergfietse opsaal vir ’n bergfietsroete terwyl hul hero-spanmaat op ’n stilstaande simulator deelneem.

Punte is toegeken volgens die posisie waarin hulle geëindig het.

Volgende was die Specialized Capture the Flag by die nabygeleë fietsrybaan aan die beurt, waar wiskundige vaardigheid en fisieke trapkrag ingespan moes word.

Hier moes die hero-spanmaat wiskundige raaisels vanaf ’n uitkyktoring oplos en hul spanmaat help om genommerde vlaggies in ’n bepaalde volgorde te versamel.

Hierna moes die spanne ’n hindernisbaan in hul Toyota Fortuners aanpak in die Salomon Fortuner 4x4 Challenge.

Met die deelnemers agter die stuur, het hul hero-spanmaats hulle van buite die voertuie gehelp om deur verskillende “hekke” te ry, terwyl hulle ook moes stop om verskeie raaisels op te los.

Daar was ’n paar benoude oomblikke vir die deelnemers sowel as toeskouers.

Die Toyota Fortuners het dalk korte mette van die ruwe terrein gemaak, maar die deelnemers was minder in beheer terwyl hulle probeer het om al die hindernisse te voltooi sonder om punte te verloor.

Jy kon gereeld hoor hoe die TGR Driving Academy-instrukteurs die bestuurders aan die hindernisbaan-leuse herinner: so stadig as moontlik, so vinnig as nodig.

Terug by Kloofzicht het die vierdie uitdaging op die water in die Garmin Raft Regatta plaasgevind.

Hier moes die spanne hul Garmin fenix-slimhorlosies gebruik om die koördinate vir boumateriaal vir hul vlotte te vind.

Hulle moes dan ’n vlot bou wat hulle oor die dam na die aanmeldpunt sou neem. In dié uitdaging het al die spanne navigasieprobleme ondervind, met Justin en Oupa wat meer van die omgewing ontdek het as wat hulle beplan het.

Terwyl Anneri en Giniel die enigste span was wat ’n vlot aanmekaar gesit kon kry, was hul feesviering van korte duur aangesien een spaan gebreek het en ander “tegniese probleme” hulle verhinder het om die oorkant te bereik.

Uiteindelik het al die spanne ’n onvoltooid op hul kaart gekry, wat die verskil in punte klein gehou het.

Nog besig om die water uit hul Salomon-skoene te kry, was die Garmin Archers Edge Challenge aan die beurt.

’n Boogskiet-baan was die speelveld vir ’n epiese teikenskiet-geveg. Al die spanne het na aan mekaar geëindig, met geen volstrekte kampioen nie.

In wat die spanne gedink het die finale uitdaging was, is hul beweeglikheid, stamina, geestelike krag en klouvermoë in die Quartz Lubricants Obstacle Course getoets.

Nadat hulle die hindernisse voltooi het, wat ’n netmuur en gimnastiekagtige pale ingesluit het, moes die spanne hul Toyota Fortuner in ’n titaniese stryd met net ’n tou en hul liggaamsgewig trek.

Greg en Zaakirah het hierdie uitdaging eerste bereik, maar swaartekrag en Newton se wette was ’n gedugte opponent.

Die spiertier-paar Justin en Oupa het dit egter kafgedraf en was die eerste span om die volgende uitdaging aan te pak.

Dit het die bou van ’n ingewikkelde legkaart op die kap van die Toyota Fortuners behels, terwyl hul spanmaat ’n sementsak gelyk aan hul liggaamsgewig moes ophys met ’n kabel en katrol.

Deelnemers het beurte gemaak om hul greep en stamina te toets tussen die sementsak en die legkaart.

Krete van wroeging, pyn en desperaatheid kon gehoor word in die pylvak onderweg na die splinternuwe Toyota Fortuner 2.4 GD-6 RB op die spel.

Daar was nog een laaste kinkel: die Toyota Gaming Engine (TTGE)-simulatorwedren in ’n Toyota Yaris WRC-motor.

Elk van die vier deelnemers het in dié WRC 9-speletjie probeer om met hul tyd op ’n spesifieke baan nog punte by hul groottotaal te voeg.

Uiteindelike is Anneri van die Wes-Kaap as die wenner van die 6de Toyota Fortuner Challenge gekroon.

Sy is die eerste vrouewenner tot nog toe van die kompetisie en het met die groot prys, die Toyota Fortuner, weggery.

Anneri, wat deur Weg! Ry & Sleep ingeskryf het, het Media24 verteenwoordig.

As ’n Boeing-vlieënier was die navigasietake vir haar ’n maklike uitdaging en sy het koelkop gebly deur die ander liggaamlike uitdagings.

Geluk aan Anneri en haar hero-spanmaat, Giniel, wat as oorwinnaars uit die stryd getree het!