
Moenie skrik nie!
In 2014 het Milda van Dalen die Ndumo-wildreservaat in Noord-KwaZulu-Natal besoek en ’n luislang langs die pad gesien, maar groot was haar verbasing toe sy nie net een luislangkop gewaar nie!
Sy het dadelik weggeseil en in ’n gat verdwyn, maar ná ’n rukkie gewaar ons toe sowat 20 klein luislange hoër op teen die wal.
Ons het die volgende dag teruggery na die nes toe. Die kleintjies was nog steeds ineengestrengel, maar Ma was nêrens te vinde nie. Ek het ’n bietjie nagelees en ontdek dat ’n luislangwyfie vir tot twee weke by haar kleintjies bly.
Wat ’n voorreg om die “nuwe lewe” in die bos te sien.