
Foto: Annemarie du Plessis
Dié leser het in 2017 vroegmiddag in die Kruger, net noord van die Onder-Sabieruskamp, op ’n luiperd in ’n jakkalsbessieboom afgekom. Annemarie du Plessis van Polokwane het vertel die luiperd het sowat ’n halfuur gevreet en toe uitgespring en onder ’n bos gaan lê.
Ons is laatmiddag weer terug. Die luiperd was nêrens te sien nie, maar die rooibokkarkas was steeds in die boom. Ons wag toe, want uit ervaring weet ons hy moet naby wees. Ons was die laaste mense daar, en net toe ek die voertuig wil aanskakel, beweeg iets tussen die bosse oorkant die pad.
A! Ta is terug... Ons het omtrent na ons asems gesnak toe ’n leeuwyfie in die pad af stap. Sy het versigtig nadergesluip, ’n paar keer rondgekyk, en toe gespring. Die knars van haar naels teen die boomstam sal ons altyd bybly.
Sy het heerlik aan die rooibok gevreet. Ons moes ry, want dit was amper hektoemaaktyd, maar het vir twee uur daarna steeds gebewe.