book-icon Uitgawe September 2019
Deel

Motorhome-World klop aan China se deur

akkreditasie
Motorhome-World
Motorhome-World

Die woonwamaatskappy Loncen het Motorhome-World genader om sy Discoverer Xtreme-model na China uit te voer, sê Dennis Bouwers, die besturende direkteur. Soos in die geval van die uitvoere na Australië, behels dit net die romp van die Xtreme, wat dan in die uitvoerland op die onderstel van ’n Iveco Daily 4x4 pas.

Dit is dieselfde onderstel wat plaaslik gebruik word, maar die enjin verskil effens. Plaaslik voldoen die enjin aan die Euro 3-uitlaatgasstandaard, terwyl die Euro 5-standaard in China geld. Omdat die Chinese aan die regterkant van die pad ry, moes die Xtreme se romp ook aangepas word. Pleks van die deur wat gewoonlik links in die romp sit, moes dit na die regterkant verskuif word. Waar die ingeboude geiser byvoorbeeld regs in die romp sit, moes dit na die linkerkant skuif.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan