book-icon Uitgawe Maart 2020
Deel

’n Fees van ou Landies!

akkreditasie
LR Series-fees
LR Series-fees

Land Rover Series-eienaars sal in ’n spesiale Series-kampeerterrein tuisgaan waar eienaars mekaar op die skouer kan klop, voertuie vergelyk en avontuurstories langs die kampvuur vertel.

Die naweek begin die Vrydag en duur tot Maandagoggend, en aktiwiteite sluit in ritte in ou Land Rovers en allerlei speletjies. Daar sal ook kosstalletjies wees én ’n swembad en speelplek vir kinders. ’n Uitstalarena sal die hele naweek oop wees waar besoekers unieke produkte kan besigtig en ’n verskeidenheid Landie-dienste bekyk wat aangebied word.

Land Rover Series-eienaars wat wil deelneem, betaal R500 per voertuig en ontvang ’n T-hemp en geskenksak. Besprekings moet aanlyn gedoen word by  lrclassic.com. Die publiek is ook welkom – diegene wat van die Vrydag tot die Maandag kom, betaal vir die hele naweek R750 per kampeerplek, en die tarief vir dagbesoekers is R150.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan