In die alledaagse lewe, op bouterreine of tydens buitelugaktiwiteite, het jy verskillende flitsligte nodig vir verskillende gebruike. Daarom lei Ledlenser ’n ligrevolusie deur drie weergawes van hul P-reeks beskikbaar te stel: Core, Work en Signature.

EEN PRODUK, VERSKILLENDE GEBRUIKE

Die Core-weergawes is die basiese flits vir elke dag se gebruik, die werkflits is ekstra taai, en die Signature-flits is die een wat sy man in feitlik enige omstandigheid kan staan en ekstra tegnologie bied. Al die modelle in die P-reeks is betroubare flitse in ’n kenmerkende ontwerp wat spesifieke funksies bied (sien hier onder). Met hul intuïtiewe werking via die multifunksieskakelaar, ergonomiese ontwerp en kragtige LED’s, bied die hoë gehalte kopflitse presiese lig in elke situasie. Hoe verskil die drie weergawes in die P-reeks:

P7R CORE – LIG VIR ELKE DAG

Dit is die basiese flits met al die tegnologie wat jy van ’n Ledlenser sou verwag. Dit is toegerus met Flex-verseëltegnologie, wat dit beskerm teen stof en water volgens die IP67-gradering.

P7R WORK – SIT SKOUER AAN DIE WIEL

Hierdie weergawe het dieselfde funksies as die Core, maar is ekstra sterk. Dit is ontwerp om betroubare lig aan vakmanne en werkers in die bou- en nywerheidsbedryf te verskaf. Vanweë sy spesiale eienskappe is die P7R Work ook geskik vir uitdagende terrein. ’n Teenglyrubberlaag beskerm dit as dit val, en die ekstra voorskerm is skokbestand (en kan vervang word). Die flits is bestand teen chemiese stowwe soos olie, diesel, remvloeistof of oplosmiddels.

P7R SIGNATURE – GEVORDERDE TEGNOLOGIE VIR GEBRUIKERS WAT MEER VERLANG

Hierdie weergawe is die premiumproduk in die reeks en is ontwerp vir veeleisende buitelugaktiwiteite. Dit word gekenmerk deur buitengewone tegniese eienskappe en uiterste taaiheid. Die geanodiseerde oppervlak voorkom slytasie en korrosie. Benewens die basiese kenmerke van die kernmodelle, het die Signature ’n programmeerbare skakelaar op die flits se kop wat toegeken kan word aan voorkeurbeligtingsfunksies. Dit bied direkte toegang tot die stroboskopiese of rooi-ligfunksie.

Besoek ledlenser.co.za of klik hier vir nog inligting.


MEER OOR DIE LEDLENSER TECHNOLOGIES Ledlenser Technologies het meer as 20 jaar ervaring in ligoplossings. Die maatskappy is trots op sy uitstekende Duitse vakmanskap en ontwerp. Van innoverende lense tot toekomsgerigte batterye – die maatskappy is op die voorpunt van tegnologie en ontwerp. Hulle het meer as 100 patente (en reken nog 100 is op pad). Hier is ’n paar van hul belangrikste innovasies:

GEVORDERDE FOKUSSTELSEL (AFS) Galileo het geglo aan die krag van lense, Newton was weer dol op weerkaatsers. Ledlenser het die twee eenvoudig gekombineer (maar beter as enigiemand voor hulle). Die gevolg is AFS-tegnologie wat ’n soomlose oorskakeling tussen homogene en gefokusde ligstrale moontlik maak.

MAGNETIESE HERLAAISTELSEL Met hierdie stelsel word die laaikabel vinnig en maklik deur magnetiese kontakpunte aan die flits geheg. As die kontakpunt naderkom, koppel die laaikabel outomaties met die lamp. Die verbinding word outomaties onder lading vrygestel. SLIMLIGTEGNOLOGIE Hierdie innovasie omskep ’n Ledlenser in jou persoonlike beligtingshulpmiddel. Met behulp van ’n mikrobeheerder kan jy jou individuele reeks funksies met verskillende aanraking- en skakelkombinasies programmeer. Op hierdie manier het jy altyd die optimale ligfunksie byderhand.

FLEX-VERSEËLTEGNOLOGIE Dit verseël die elektroniese dele van die flitskop en beskerm dit teen water- en stofindringing. Hierdie buigsame stelsel hou die seël in plek, selfs wanneer die AFS gebruik word. Die fokus kan selfs onder water gebruik word.