Deel

’n Sebra met asimmetriese strepe?

akkreditasie
So lyk die sebra
So lyk die sebra
Het jy al ooit ’n sebra met asimmetriese strepe gesien? Die leser Hannes Brits het dié ongewone sebra afgeneem...

HANNES BRITS vra:

Ek het dié sebra naby die Krokodilbrug-rus-kamp in die Krugerwildtuin afgeneem. Die strepe op sy vel is nie simmetries nie. Wat kan die oorsaak wees?

Die natuurlewekenner L.D. VAN ESSEN antwoord:

Die lyn op die sy is heel moontlik ’n litteken nadat die sebra ’n roofdier-aanslag oorleef het, waarskynlik deur ’n leeu. Kyk ook op die boud, by die basis van die stert, daar is ’n wond wat al mooi gesond geword het en jy kan dieselfde effek sien – die onderbreking van die streeppatroon.

Dieselfde gebeur met die mens se vel ook – kyk maar indien jy ’n ou sny (litteken) op jou vingerpunt het, die patroon (vingerafdruk) is nie in lyn nie.