Pretorianers is omtrent bederf as dit kom by kampplekke rondom Brits, en nou maak Frank en Alicia van der Spuy die keuse nóg moeiliker met hulle Rust-oord.
Om by dié stukkie Bosveld van 20 ha uit te kom ry jy 6 km uit op die Thabazimbipad voor jy die Wolwekraal-afdraai vat en nog 18 km aanhou.
Die Van der Spuys het dit aanvanklik as hulle private ontspanplek ingerig, maar dit was nie lank nie voor die egpaar 16 staanplekke in die bos ingerig en dit vir die publiek oopgestel het. Elkeen van die staanplekke het ’n gemesselde braaiplek met ’n rooster plus ’n kraan, huiskragprop en lig.