book-icon Uitgawe Julie 2019
Deel

Nuusbrokkies: Julie 2019

akkreditasie

Jurgens Campworld, soos Jurgens Ci deesdae bekend staan, sê hy het ’n transaksie met ’n beleggingsgroep beklink.

Dié beleggers besit nou 50% van die maatskappy en die plan is om die fabriek binne ’n jaar weer 100% op koers te kry. Sake by Jurgens was die afgelope 18 maande wankelrig: Buiten arbeidsgeskille, hofsake en ’n gesukkel om voorraad aan handelaars te lewer het meer as twee derdes van Jurgens se Campworld-handelaars sake in eie hande geneem en die LeisureWorld-groep gestig.

Die transaksie met die nuwe beleggers is op 1 Maart vanjaar beklink en beloop meer as R100 miljoen. Een van die nuwe mede-eienaars het aan Weg Ry & Sleep gesê hulle verkies dit om in dié stadium uit die openbare oog te bly. Meer as een van die beleggers het ’n agtergrond in die ingenieurswese. Volgens die beleggers is hulle eerste mikpunt om die produksie in die aanleg op te stoot tot sy volle potensiaal.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan