Johan sê ná die drama rondom Jurgens het hy ’n leemte in die mark gesien. Hy meen Jurgens se sake is weer agtermekaar en dit is nou ’n goeie tyd vir ’n nuwe Jurgens-handelaar in die omgewing.
Al Jurgens se nuwe woonwaens is hier beskikbaar asook verskeie tweedehandse modelle. Hier is ook ’n kamp- en werkswinkel, én dis ’n afsetpunt vir Howling Moon-produkte.
Adres: Afritech-kantoorpark, Gebou 1, op die hoek van Van Dyk- en North Boundary-straat, Van Dykpark, Boksburg.