Deel

Olifant: 1, Polo: 0

akkreditasie
“Die olifant het op die enjinkap gaan sit, wat soos ’n kartondosie opgefrommel het. Daarna het hy die passasierskant se agterruit uitgedruk met sy slurp en sy pens teen die dak geskuur.” Lees die brokkie hier:

Armand Grobler, Kromdraai, skryf:

"Ons was in die Pilanesberg-wildreservaat. Een middag op pad terug na ons kamp, staan ’n olifant in die middel van die pad. Versigtig ry ons toe agteruit sodat Ta kan verbykom....

’n Polo dink toe dis ’n goeie idee om chicken te speel. Die olifant het aan die voertuig gesnuffel en die bosse-in gestap. ’n Paar minute later het die bul teruggekeer. Die Polo wil toe weer chicken speel. Die olifant het kom snuffel en maak toe ’n duik in die dak met sy tand. Hy het op die enjinkap gaan sit, wat soos ’n kartondosie opgefrommel het. Daarna het hy die passasierskant se agterruit uitgedruk met sy slurp en sy pens teen die dak geskuur.

Hy het op die enjinkap gaan sit, wat soos ’n kartondosie opgefrommel het.

Al vier bande het gebars en die oorblywende vensters het versplinter. Die bestuurder het probeer om die deur oop te kry, maar sy meisie het hom aan die kraag gegryp. Noodgedwonge moes hy in trurat ry. Nadat hy amper in die dier vasgery het, het hy die hasepad gekies. Laat dit nou ’n les wees..."


UIT DIE ARGIEF:
Dié artikel het oorspronklik in Weg Julie 2013 as ’n wenbrief verskyn. Stuur gerus jou snaakse of vreemde foto of nuusbrokkie na digitaal@weg.co.za.