
Het jy al ooit oorweeg om die ganse Suid-Afrika in een reis te verken? Die Weg-joernaliste François Haasbroek en Toast Coetzer, en die akteur Neels van Jaarsveld gesels oor hoe en hoekom ’n mens 'n landsreis deur Suid-Afrika moet aanpak.
ONDERSTEUN DIE PODCAST
Hoe kan ek dit kry? Ons sal elke nuwe episode op ons webblad deel, maar die beste manier om na ons podcast te luister, is met ’n podcast-app. Op reis met Weg! is beskikbaar op Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify of enige ander app waar jy jou podcasts luister. Soek net vir Op reis met Weg! en teken in om seker te maak dat jy nooit ’n episode mis nie.
Wat kos dit? Net soos met Weg Stories en die Engelse weergawe go Stories, hoef jy nie ’n sent hoef te betaal om na Op reis met Weg! te luister nie.
As jy ’n bydrae wil maak, gaan eerder na Itunes en los vir ons ’n gradering en resensie – dit maak dit makliker vir ander mense om die podcast op te spoor. Of (nog beter!) deel dit met jou vriende en familie.