Deel

'Op reis met Weg'-podcast: Weg Agterpaaie Vrystaat

akkreditasie
Weg Agterpaaie Vrystaat
Weg Agterpaaie Vrystaat
Luister hier na Episode 6 van ons 'Op reis met Weg!'-podcast!

Weg Agterpaaie Vrystaat word tans op VIA (kanaal 147 op DStv) uitgesaai. 

In die nuwe episode van ons Op reis met Weg!-podcast, gesels ons met dié program se aanbieders, Toast Coetzer en Sophia van Taak, oor wat alles agter die skerms gebeur het: hoe die roete beplan is, wie hulle langs die pad ontmoet het en watter stories hulle bybly. Hulle gee ook ’n voorsmakie van wat jy kan verwag in die vierde Agterpaaie-reeks. 


Nuwe episodes van Op reis met Weg! word minstens een keer per maand vrygestel en die episodes sal heelwat langer wees as die voorlesings in Weg Stories (waarvan daar elke twee weke ’n nuwe episode verskyn). 

Hoe kan ek dit kry? 

Ons sal elke nuwe episode op ons webblad deel, maar die beste manier om na ons podcast te luister, is met ’n podcast-app. 

Op reis met Weg! is beskikbaar op Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify of enige ander app waar jy jou podcasts luister. 

Soek net vir Op reis met Weg! en teken in om seker te maak dat jy nooit ’n episode mis nie. 

Wat kos dit? 

Net soos met Weg Stories en die Engelse weergawe go Stories, hoef jy nie ’n sent hoef te betaal om na Op reis met Weg! te luister nie. 

As jy’n bydrae wil maak, gaan eerder na Itunes en los vir ons ’n gradering en resensie – dit maak dit makliker vir ander mense om die podcast op te spoor. Of (nog beter!) deel dit met jou vriende en familie. 

Lekker luister!