Forever Resorts Lodges Hotels and Retreats is een van die top-toerisme- en hotelgroepe in Suid-Afrika. Hulle het meer as 20 vakansie- en korporatiewe bestemmings om uit te kies – en jy het waarskynlik al een van hul bestemmings gesien en van ’n wegbreek soontoe gedroom.

Dis nou vir die maatskappy heerlik om aan te kondig dat Eugene van Jaarsveldt as besturende direkteur aangestel is. Sy voorganger, Kobus Tait, tree af. Van Jaarsveldt begin Dinsdag, 1 Junie 2021 in sy nuwe pos en sal vanuit die maatskappy se hoofkantoor in Gauteng werk.

Van Jaarsveldt het meer as twee dekades ervaring in die gasvryheid- en toerismesektor. Hy beskik oor ’n omvattende begrip van die bedryf, sakevaardighede en die vermoë om nuut te dink. Hy wil die groep se sterk strategiese rigting voortsit, die maatskappy laat groei en ontwikkel, verskillende vennootskappe versterk en op die sukses van die groep voortbou.

Van Jaarsveldt se reis saam met Forever Resorts het in 1999 begin, toe hy lid word van die span by die Forever-oord Warmbad. Sedertdien het hy by verskillende Forever-eiendomme gewerk, onder meer Forever Blyde Canyon en Forever Badplaas, waar hy verskeie jare hoofbestuurder was. Meer onlangs het hy aan die hoof gestaan van die groep se sake-ontwikkeling en bemarking.

Die toekoms van Forever Resorts

“Die Covid-19-pandemie het vir ’n uitdagende 14 maande in ons bedryf gesorg, en ons hoofprioriteit is nou om volledig daarvan te herstel. Die Forever Resorts-groep sal steeds vir gaste veilige, innoverende ervarings met uitmuntende gasvryheid kombineer.

“Ek is opgewonde oor die toekoms en sien daarna uit om hierdie nuwe hoofstuk in ons maatskappy se geskiedenis te geniet saam met ons passievolle span, lojale gaste en  gewaardeerde vennote,” het van Jaarsveldt gesê.

"Kobus was die afgelope 43 jaar ’n onmisbare lid van ons Forever-familie en het in die loop van verskillende veranderings vorm aan die maatskappy gegee. Ons gaan sy passie vir toerisme en energieke benadering tot die bedryf baie mis. Ons wil vir Kobus dankie sê vir die onskatbare bydrae en leierskap wat hy ons gebied het, en wens hom ’n aftrede vol nuwe avonture voor,” het Van Jaarsveldt afgesluit.

Tait se reis saam met Forever Resorts het in Februarie 1978 begin toe hy ’n senior finansiële klerk was by Forever Blyde Canyon in Mpumalanga. Sedertdien het hy talle poste in die groep oor Suid-Afrika heen beklee voor hy verskeie bestuursposte en uiteindelik in 2003 die rol van besturende direkteur gevul het. Tait sluit hom in sy aftrede by sy vrou aan en beplan om ’n toegewyde oupa vir sy twee pragtige kleinkinders te wees.

Meer oor Forever Resorts Suid-Afrika

Forever Resorts bied aan kieskeurige reisigers ’n uitstekende verskeidenheid drie-, vier- en vyfster-verblyfkeuses wat strategies in sleutelgebiede oor Suid-Afrika heen geleë is: Mpumalanga, Limpopo, Vrystaat en die Wes-Kaap. Die groep bied iets vir elke reisiger – luukse lodges, avontuurvakansies, selfsorgvakansies, karavaan- en kampeervakansies, konferensies, troues, funksies, gesondheidspa’s, skoonheidspa’s, voetslaanpaaie, bootvaarte, visvang, eko-avonture, waterparke en nog baie meer! Besoek foreversa.co.za vir nog inligting oor die groep en wat hulle alles aanbied.