Ruda Landman, ’n verslaggewer wat bekendheid verwerf het vir haar oopkop-vrae en empatie, lei ’n aanlyn webinaar met twee kenners, Yvonne Killian en Johan Malan, oor die veranderings wat jy in jou vyftigs te wagte te kan wees, en die planne wat jy met jou geldsake kan maak.

DIE TEMAS SLUIT IN: 

• Die vyf grootste slaggate wat jy moet vermy

Vyf strategieë wat jy moet toepas wanneer jy vir jou aftrede beplan

Tydens die webinaar sal lede van die aanlyn gehoor Ruda Landman se boek as prys kan wen.

WANNEER: 29 Oktober om 10:30

KOSTE:

Gratis as jy direk op Crowdcast registreer.

Klik op skakel om te registreer:

https://www.crowdcast.io/e/nlqonoso

DIE DEELNEMERS

Ruda Landman is bekend vir haar rol as aanbieder van M-Net se Carte Blanche, maar sedert sy in 2007 dié pos verlaat het, het sy gewoeker. Afgesien van die eredoktorsgraad wat sy ontvang het, haar twee boeke met essays en onderhoude wat uitgegee is, en die 12 jaar as lid van Media24 se direksie, het sy onlangs twee nuwe boeke saamgestel vir eerstejaars en mense wat die werkplek vir die eerste keer betree. Die boeke is getiteld GRAD en GRADnext, waarvan laasgenoemde vanjaar aanlyn bekend gestel is.

Johan Malan het ’n meestersgraad in finansiële markte en is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner met uitgebreide ervaring in beleggings. Hy het ongeveer 25 jaar ervaring in die finansiële sektor en werk tans vir Old Mutual Private Wealth Management.

Yvonne Kilian is ’n gesertifiseerde finansiële beplanningsafrigter met meer as 30 jaar ervaring, wat ondernemings help ontwikkel. Sy is verantwoordelik vir die ontwikkeling en afrigting van Old Mutual Wealth se gemeenskap vir strategiese vennote. Hiervoor gebruik sy Old Mutual Wealth se geïntegreerde welvaartbeplanningsproses en haar vaardighede as finansiële beplanner en lewensafrigter.