Die jaarlikse totaal vir 2018 was ook swakker as in 2017, maar darem effens beter as in 2016. Die rekord vir nuwevoertuigverkope was in 2006, toe altesame 714 315 nuwe voertuie verkoop is.
Die ekonomie het in daardie jaar met 5,6% gegroei. Daarteenoor was daar in 2018 minder as 1% groei. Die goeie nuus is dat marknavorsers ’n effense ommekeer in die ekonomie vir 2019 verwag.
Daar word ook voorspel dat nuwevoertuigverkope teen Desember 2019 op sowat 558 000 sal staan.