book-icon Uitgawe Mei 2019
Deel

Raasblaar maak stil-stil sy verskyning

akkreditasie
Raasblaar van Equipped 4 Africa
Raasblaar van Equipped 4 Africa

Die Raasblaar is die maatskappy se eerste klein boswa – hy laat ’n mens dink aan ’n teardrop-woonwa omdat dit eintlik maar ’n dubbelbed-op-wiele is, maar dit is waar die ooreenkoms eindig. Al is die wa klein, het hy byvoorbeeld ’n uitglybuitekombuis en ’n spenskas sonder sy gelyke.

Andries Bruwer, die man agter die Raasblaar, sê hy en sy gesin het oor die laaste tien jaar deur ’n hele paar Afrikalande getoer, dus weet hy presies wat nodig is om ’n boswa vir Afrika te bou.

Hy het die Raasblaar met drie beginsels ontwerp: Hy moes bekostigbaar wees; hy moes in ’n japtrap op- en afslaan; en hy moes lig genoeg wees sodat een mens hom maklik kan hanteer in die kampplek.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan