Deel

Renbaanpret vir foto- en videografie-liefhebbers

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
’n Opwindende nuwe ekspo vir alle foto- en videografie-liefhebbers vind plaas op Kyalami se skougronde 26-28 Julie 2019.

Dis die grootste foto-en-video-ekspo wat Suid-Afrika nóg gesien het!

Met ’n skitterende uitsig oor die renbaan en die gebrul van sportmotors, is die Photo & Video Experience jou speelgrond… Ons nooi jou uit om jou eie, sowel as toerusting van die bedryf se bekendste handelsname, te toets.

Kom wees deel

Wie wil nou net staan en rondkyk as jy kan deelneem? Fotograwe van alle vaardigheidsvlakke is welkom. Ons nooi:

  • stokperdjiefotograwe
  • videograwe en rolprentmakers
  • fotojoernaliste en mediamense
  • spesialisfoto- en videograwe
  • selfoonfotograwe
  • studente en opvoeders
  • tegniese entoesiaste
  • enigeen in die skeppende bedryf

Wie is daar?

Van Canon tot GoPro en DJI, kom kry ’n voorsmaak van die jongste toerusting op die mark met talle produkpraatjies, demonstrasies en aktiwiteite. Ander handelsmerke sluit in:

  • Fujifilm, Sigma, Tamron, Hähnel, Zeiss
  • Manfrotto, Lowepro, Joby
  • Elinchrom, Godox, Profoto, Dracast
  • LaCie, Corel, Wacom
  • Peak Design, Think Tank Photo
  • Boya, Samyang, Saramonic

Afslag

Hoewel die naweek se transaksies deur die bekende aanlynfotografiewinkel Outdoorphoto behartig word, kwalifiseer slegs besoekers vir afslag op toerusting.

Ekspo-naweek

Vrydag: 26 Julie 2019, 10:00-18:00

Saterdag: 27 Julie 2019, 09:00-18:00

Sondag: 28 Julie 2019, 09:00-16:00

Koste

R100: Dagkaartjie vir volwassenes

R60: Dagkaartjie vir pensioentrekkers, studente en kinders 8-16 jaar oud

R200: Naweekkaartjie

Moenie hierdie fantastiese geleentheid misloop nie. 

Kaartjies beskikbaar aanlyn op www.webtickets.co.za

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf