Dis een van ses weerkaatsers wat deel uitmaak van ’n installasie genaamd Public Shows of Reflection.

Dis ’n gesamentlike projek van die plaaslike kunstenaar Bryan Little en die Urban Caracal Project. Die doel is om bestuurders te herinner dat dié katte alte maklik saans voor ’n motor kan beland op dié pad, en dit jou niks gaan kos om ’n bietjie stadiger te ry nie.

Die rooikatte staan langs sekere paaie in die Kaapse Skiereiland waar dié diere gereeld beweeg: Kloofnek, op twee plekke langs die M3 (by die Ikeys-kampus en naby Tokai), die Orpenpad in Tokai, Constantianek en Ou Kaapse Weg.

Só kan jy help: Gaan na backabuddy.co.za en tik “Public Shows of Reflection” in die soekfunksie. Volg hom op Instagram by @public.shows.of.reflection of soek daarvoor op Facebook.

Bron: shelflife.co.za