Deel

Ry die ‘Argus’ heeljaar lank

akkreditasie

Die Wes-Kaapse regering het ’n nuwe roete, Cycle Tour 364, bekend gestel wat ooreenstem met die roete van die jaarlikse Kaapstad-fietstoer.

Die hele roete is 123 km lank, begin by die V&A Waterfront en loop onder meer verby Seepunt, Kampsbaai, Houtbaai, Chapmanspiek en Simonstad, voor dit by die Kaappunt- nasionale park draai en verby die kusdorpies Scarborough en Kommetjie loop tot in Noordhoek van waar ’n mens weer op dieselfde pad terugry. En ja, nes die deelnemers aan die Kaapstad-fietstoer, kan jy ook jou slag wys teen Suikerbossie-heuwel uit!

Die naam van die roete verwys na hoeveel dae per jaar dit oop is – op die 365ste dag is dit gesluit vir die amptelike wedren. Die Wes-Kaapse regering het ook laasjaar ’n 742 km lange fietsroete van Plettenbergbaai tot Stellenbosch of andersom bekend gestel. Die Cross Cape-roete loop meestal met grondpaaie langs.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan