
Sanparke se hekke na ons nasionale parke gaan toemaak vanaf Woensdag 25 Maart weens die staat van inperking wat aangekondig is. Te midde die Covid-19-krisis moet jy vir die oomblik tuis bly. Jy kan nou sonder enige ekstra tariewe jou vakansie na ons nasionale parke herskeduleer tot ’n latere datum, het Sanparke aangekondig. Jy het 11 maande om dan jou bespreking te gebruik.
Indien jy nie ’n vaste datum het vir jou geherskeduleerde bespreking nie, kontak reservations@sanparks.org.
Die nuwe beleid geld egter nie vir kansellasies nie - Sanparke moedig gaste aan om eerder te herskeduleer.
Gaste van hoërisiko-lande mag tans nie die parke verlaat nie, het Sanparke aangekondig. Hulle is besig om met dié gaste te skakel en kontak met ambassades te reël.