Dit volg kort op die hakke van die styging van Wild Card-tariewe

Tariewe by die volgende parke word 1 November só aangepas (onthou, dit is die bewaringstarief, die prys vir toegang tot die park – jou verblyfgeld kom nog by):

Krugerwildtuin: 

  • Daaglikse bewaringstarief: R82 (voorheen R76) vir volwassenes, R41 per kind (Suid-Afrikaanse burgers). Besoekers van SAOG-lande betaal R164 per volwassene, R82 per kind.

Kgalagadi-oorgrenspark: 

  • Daaglikse bewaringstarief: R82 (voorheen R76) vir volwassenes, R41 per kind (Suid-Afrikaanse burgers). Besoekers van SAOG-lande betaal R164 per volwassene, R82 per kind.

Addo-olifant- nasionale park: 

  • Daaglikse bewaringstarief: R68 (voorheen R62) vir volwassenes, R34 per kind (Suid-Afrikaanse burgers). Besoekers van SAOG-lande betaal R136 per volwassene, R68 per kind.

Mapungubwe- nasionale park: 

  • Daaglikse bewaringstarief: R48 vir volwassenes, R24 per kind (Suid-Afrikaanse burgers). Besoekers van SAOG-lande betaal R96 per volwassene, R48 per kind.

Bergkwagga- nasionale park: 

  • Daaglikse bewaringstarief: R48 (voorheen R44) vir volwassenes, R24 per kind (Suid-Afrikaanse burgers). Besoekers van SAOG-lande betaal R96 per volwassene, R48 per kind.

Karoo- nasionale park: 

  • Daaglikse bewaringstarief: R48 (voorheen R44) vir volwassenes, R24 per kind, (Suid-Afrikaanse burgers). Besoekers van SAOG-lande betaal R96 per volwassene, R48 per kind.

Kamdeboo- nasionale park: 

  • Daaglikse bewaringstarief: R38 (voorheen R35) vir volwassenes, R19 per kind (Suid-Afrikaanse burgers). Besoekers van SAOG-lande betaal R76 per volwassene, R38 per kind.

Golden Gate-Hoogland- nasionale park:

  • Daaglikse bewaringstarief: R48 vir volwassenes, R24 per kind (Suid-Afrikaanse burgers). Besoekers van SAOG-lande betaal R96 per volwassene, R48 per kind. Jy gaan ook ’n bietjie meer moet opdok vir die aktiwiteite by die park – dit kos R195 p.p. per dag (volwassenes) om die twee dae lange Rhebok-staproete te doen. Dit sal R110 kos om perd te ry (1 uur), en R165 vir ’n twee uur lange rit. Dit sal nou R60 kos om die Basotho-dorp te besoek (SA-burgers), R80 vir SAOG-burgers.

Marakele- nasionale park: 

  • Daaglikse bewaringstarief: R48 vir volwassenes, R24 per kind (Suid-Afrikaanse burgers). Besoekers van SAOG-lande betaal R96 per volwassene, R48 per kind. Dit sal nou R260 p.p kos vir ’n oggend- of sonsondergang-wildrit. Begeleide staptogte sal nou R350 p.p kos (voorheen R325 p.p). 

“Ons gebruik die fondse wat deur die tariewe ingesamel word vir die bewaring van Suid-Afrika se biodiversiteit, landskappe, oseane en ander erfenisgebiede,” het Sanparke in ‘n verklaring gesê.

Onthou, met ’n Wild Card kry jy gratis toegang tot alle SANParke en die parke en reservate van die ander vennote – altesame meer as 80 parke en reservate. Jy betaal dus nie die daaglikse bewaringstarief nie.

Raadpleeg SANParke se webtuiste vir nog inligting: https://www.sanparks.org/ 

Kyk hier vir inligting oor Wild Cards: http://www.wildcard.co.za/