book-icon Uitgawe Desember 2022-Januarie 2023
Deel

Sebenza Creek: Kom span uit in die Waterberg

akkreditasie

Twee geesdriftige kampeerders se jare lange droom om ’n woonwapark te besit is uiteindelik bewaarheid. Hendrik en Hermi Groenewald sê die saadjie is verlede jaar geplant nadat hulle 13 km buite Modimolle in die Waterberg ’n lappie grond van 25 ha grond gekoop het.

Hulle het dadelik ingespring en besluit om die ontwikkeling in fases aan te pak, met die staanplekke, badkamers en swembad eerste aan die beurt. Sebenza Creek se swembad is teen die voet van ’n koppie, en die water kan met ’n donkie verhit word.

Die lang badkamergebou is links van die swembad. Daar’s afsonderlike geriewe vir mans en vroue – elke kant het ’n bad en storte.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan