book-icon Uitgawe Januarie 2020
Deel

Seil deur die mites

akkreditasie

As kind het ek dikwels skoolvakansies op ’n familieplaas deurgebring. Op plekke soos Ermelo in Mpumalanga en Stella in Noordwes, waar slange met die eerste oogopslag verbrysel word, en daar is geen tekort aan mites oor dié diere nie. Ek dink hierdie wolhaarstories het juis my belangstelling in slange geprikkel. Dalk het jy ook al sommige van hierdie mites gehoor?

Volgens een mite moet jy onmiddellik ’n slang verbrand nadat jy hom doodgemaak het om te keer dat sy maat later met jou gaan afreken. Daar word ook gesê as jy op dié slang se oorblyfsels trap – selfs jare later – jy daardeur vergiftig kan word.

Eerstens: Slange beweeg en jag nié in pare nie. Dit gebeur net in die paarseisoen. Slangmannetjies reageer op die feromone wat deur ontvanklike wyfies afgeskei word. Dis ook nie ongewoon dat ’n hele paar slangmannetjies die reuk van een wyfie volg nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan