book-icon Uitgawe Desember-Januarie 2020
Deel

Slange as troeteldiere

akkreditasie
JOHAN MARAIS
JOHAN MARAIS

Party entoesiaste bou vir Riekie, die rinkhals, ’n spoggerige hok versier met plante en fonteintjies en tot ’n verwarmer en spesiale beligting. Slangtelers aan die ander kant, hou die diere gewoonlik in eenvoudig dog funksionele en higiëniese kaste aan.

Jy het ’n permit nodig om inheemse slange aan te hou behalwe in KwaZulu-Natal waar jy bykans enige slang – selfs ene wat jy in die veld gevang het – sonder papiere mag aanhou. (Kontak jou provinsiale natuurbewaringskantoor vir ’n permit, of stuur ’n e-pos vir Johan by johan@asiorg.co.za – Red.) Die meeste provinsies sal die nodige permit uitreik indien jy ’n eksotiese slang wil aanhou. Daarom bied talle telers spesies soos die Amerikaanse koringslang en Wes-Afrikaanse koningluislang te koop aan.

Laasgenoemde is gewild danksy die verskeie kleurvariasies (die slange word spesifiek geteel om uitsonderlike patrone en skakerings te hê). Só ’n slang kan jou ’n paar duisend rand uit die sak jaag.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan