Die slang probeer om gif in sy aanvaller se oë te kry. Dit veroorsaak tydelike blindheid wat Ta kans gee om weg te kom.
Die rinkhals is bekend vir sy spoegvermoë. Wanneer hy bedreig voel, lig hy sy lyf van die grond af en maak sy kop bak sodat die twee wit strepe op sy bors sigbaar word. Dan gooi hy blitsvinnig sy kop vorentoe en spoeg. Ander bekende spoegslange sluit in die sebraslang en swartspoegkobra; albei kom voor in die suide van Namibië.
Die Mosambiekse spoegkobra (foto bo) maak ook bakkop as hy bedreig voel, maar daar was al gevalle waar hulle mense sonder waarskuwing uit ’n skuilplek pik.