
Foto: Sanparke se webkamera by Punda Maria
Ons nasionale parke is tans gesluit, maar jy kan steeds op die uitkyk wees vir ’n leeu by die watergat…
Sanparke het webkameras op strategiese plekke in verskeie parke opgesit sodat jy ongestoord na wilde diere se doen en late kan kyk: Van die Addo tot die Kagalagadi en Krugerwildtuin!
Kliek hier om na Sanparke se webtuiste te gaan waar jy na hartelus na versekeie webkameras kan kyk.
Addo-olifantpark
Krugerwildtuin
Sommige webkameras saai regstreeks uit, soos dié hierbo. Van die ander webkameras laai elke paar minute nuwe foto’s op. Daar is ook ’n afdeling waar jy na elke dag se hoogtepunte kan kyk.