
Foto: Thys Pieterse
Hierdie ’n foto van ’n geveg tussen ’n seekat en ’n rob is in 2017 deur Thys Pieterse van Pretoria aan Weg gestuur. Hy vertel wie gewen het…
Ek het dié opwindende geveg tussen ’n seekat en ’n rob naby Oubosstrand in die Oos-Kaap dopgehou. Die seekat het op die ou einde sleg tweede gekom.
Die seelewekenner GUIDO ZSILAVECZ het geantwoord: Hierdie is algemene gedrag – ek het dit al baie gesien, maar kon nog nie mooi foto’s daarvan neem nie. Die rob vang die seekat en slaan hom dan op die wateroppervlak rond.
Ek het al op verskeie plekke gelees dis om die seekat “sag” te maak. Ek dink ook dis om te sorg dat die seekat heeltemal dood is of ten minste katswink is, want ’n seekat is geneig om terug te veg en doen dit met agt arms!
So sorg die rob dat hy in vrede kan vreet.