Dis ingewikkeld, maar ja: Jy kan nou in Namibië vakansie hou. Voordat jy jou tasse pak, lees hiér meer oor die Covid-19-maatreëls en watter grensposte oop is.

Lughawens en grensposte

  • Die Hosea Kutako- internasionale lughawe is oop.
  • Jy mag wedersyds deur die Nakop/Ariamsvlei- en Vioolsdrif/Noordoewer-grenspos reis. Katimo Mulilo is ook oop, maar maak seker wat die regulasies vir Zambië is.

Covid-19-maatreëls:

  • Jy moet ’n negatiewe SARS-COV-2 PCR-toetsuitslag hê wat nie ouer as 72 uur is nie. Dié toets moet deur ’n gesertifiseerde laboratorium uitgereik word, en verkieslik in Engels wees. (Indien jy vlieg, onthou om te kyk of die lughawe aparte vereistes het).
  • Indien jou toets tussen 72 uur en sewe dae oud is, mag jy steeds ingaan – maar jy moet in kwarantyn wees vir sewe dae, by jou blyplek of in ’n plek wat die regering aanwys. Maak dus dubbelseker jou toetsuitslag is nie ouer as 72 uur nie!
  • Indien jou resultate ouer as 72 uur is, moet jy ’n Namibiese nommer hê waar jy bereik kan word.
  • Hou die volgende dokumentasie altyd byderhand: ’n Voltooide gesondheidsvraelys (laai dit hier af), ’n voltooide waarnemingsvorm (laai dit hier af), jou negatiewe Covid-19-resultaat, en ’n kopie van jou reisplan.
  • Kies verblyf wat reeds gesertifiseer is of daarmee besig is by die departement van gesondheid en maatskaplike dienste. Laai hiér die lys blyplekke af.
  • Jy het weer ’n negatiewe toets jonger as 72 uur nodig wanneer jy terug Suid-Afrika toe kom. Laai ’n lys Namibiese laboratoriums waar jy getoets kan word hiér af.

Wil jy jou reis beplan? Onthou, Weg se 2020 Namibiëgids is beskikbaar by Magzter en Zinio teen R100, of bestel dit vir aflewering op winkel.weg.co.za!


Dankie aan Live the Journey, die Namibiese konsulaat, die Namibiese departement van gesondheid en maatskaplike dienste en Vioolsdrif-grenspos vir die inligting wat geldig was op 22 Oktober 2020. Let wel: Covid-19-maatreëls kan vinnig verander. Voor jy bespreek, kontak Live The Journey by 021 863 6400 (www.livethejourney.co.za), asook jou toerismebestemming om inligting te bevestig.