Die webwerf discoverafrica.com/southafrica360 gebruik virtuele werklikheid sodat jy jou gunstelingbestemmings van jou rusbank af kan “beleef”.

Die plekke wat tans op die webwerf beskikbaar is, is die uKhahlamba-Drakensberg, die Krugerwildtuin, Tuinroete, Tafelberg- nasionale park en “Mzansi’s Hidden Gems”.

Elke streek begin met beeldmateriaal wat uit ’n hommeltuig verfilm is, waarna jy dan op verskeie merkers in die gebied kan klik om die plek verder te verken. Daar is deurentyd klankgrepe beskikbaar waarin ’n verteller die omgewing beskryf wat jy op daardie oomblik sien voor jou sien.

Maak ’n koppie koffie, kry jou sit op jou rusbank en begin toer!