Ouers! Het julle al van dié nuttige saamrydiens gehoor? Dis vir ouers deur ouers, beskikbaar in die d6 Connect-app.
Die saamryplatform binne d6 Connect is gerieflik en – nog belangriker – veilig om te gebruik. Terwyl daar sommige ouers is wat op soek is na ’n saamrygeleentheid vir hul kinders, is daar weer ander wat hulle kinders gaan op- of aflaai, en plekke beskikbaar het in hul motor. Die saamryplatform bring dié twee ouers bymekaar uit.
Ouers wat saamrygeleenthede deur dié app bespreek, het gemoedsrus dat hul kinders in veilige hande is omdat die bestuurder altyd ’n mede-ouer is wat ook hul eie kinders moet vervoer. As ’n bonus skep dit ’n ekstra inkomste vir die ouer wat die rywerk doen.
Die app gee jou verdere gemoedsrus deur jou die hele tyd op hoogte te hou van jou kind se ligging danksy die opspoor-funksionaliteit.
Só werk dit
Gaan na die “Saamry”-opsie in d6 Connect en kom in verbinding met ander ouers in die gemeenskap. Hoe meer ouers die platform gebruik, hoe beter.
Moenie bekommerd wees of sleg voel wanneer jy nie jou kind/ers kan aflaai of oppik nie – skakel bloot met ouers wat reeds in daardie rigting ry. Of dit nou skool toe is of buitemuurse aktiwiteite, “Saamry” is vir jou!
Wat is die d6 Connect-app?
Die d6 Connect-app is ontwerp om kommunikasie tussen die skool en ouers te vereenvoudig.
Dis ’n nuttige bron van al die inligting wat jy benodig om betrokke en ingelig te bly – deur die blote druk van ’n knoppie.
Ouers moet deel van 'n d6 Connect-skool wees om van die diens gebruik te maak. (Die ouers se kontaknommer moet op die skool se databasis wees.)
Wat maak hierdie saamryplatform anders?
As jy ’n saamrygeleentheid vir jou kind/ers soek en nie gemaklik is om 'n eksterne app te gebruik vir openbare vervoer nie, is dit die oplossing vir jou.
Dis ’n gemeenskapsgedrewe oplossing. Bied aan om ritte op die app te doen of bespreek ritte vir bepaalde datums waarop jy ’n saamrygeleentheid vir jou kind(ers) soek.
Dit is ’n diens vir ouers deur ouers. Net ouers wat in ’n d6 Connect-skoolgemeenskap geregistreer is, sal toegang tot die app hê.
Bepalings en voorwaardes geld vir ouers wat betrokke wil raak. Klik hier vir nog inligting.