
Hoeveel keer gebeur dit dat jy as ouer by die skool stilhou en jou buurvrou hou langs jou stil – julle het albei uit dieselfde buurt na dieselfde skool gery en nie eens van mekaar geweet nie.
Die d6 Connect-app bied nou ’n manier hoe ouers mekaar met saamrygeleenthede kan uithelp.
Met die bekendstelling van dié saamryplatform vroeër vanjaar is gevind dat meer ouers saamrygeleenthede soek as wat ’n mens besef.
Om ander ouers binne die skool hiervan bewus te maak is ’n nuwe funksionaliteit ingebou: Ouers wat ’n spesifieke saamrygeleentheid vir hul kind soek, kan nou ’n versoek binne die skoolgemeenskap rig.
Wanneer ander ouers wat plek in hul motor het op die platform ingaan om ’n rit te skep, sal hulle kan sien waar behoeftes binne hul gemeenskap is.
Vir ouers wat ’n versoek wil rig, gaan na die saamryprogram onder “Meer” binne die d6 Connect-app. Sodra jy op “Bespreek ’n rit” klik, sal jy die opsie sien om ’n versoek te skep.
Vir ouers wat ander met saamrygeleenthede kan uithelp, gaan na die saamryprogram binne die d6 Connect-app. Sodra jy op “Skep ’n rit” klik, sal jy kan sien as daar saamrybehoeftes binne jou gemeenskap is en waar jy kan uithelp deur ’n rit aan te bied.
Indien jy reeds die app op jou foon afgelaai het, klik hier om die blad met saamrygeleenthede oop te maak.
Of klik hier vir nog inligting.